Termynkontrak

In finansies is 'n termynkontrak 'n kontrak tussen twee partye om 'n gespesifiseerde bate (genoem die "onderliggende bate") op 'n toekomstige dag ("vervaldatum") teen 'n prys wat vandag vasgestel word ("vervalprys") te lewer. Die party wat in terme van die termynkontrak onderneem om die onderliggende bate te koop is "lank" die termynkontrak. Terwyl die party wat onderneem om die onderliggende bate te verkoop "kort" is.

Termynkontrakte kan op twee maniere verhandel word:

  • Beursverhandel (Engels: "futures")
  • Oor die toonbank ("ODT") verhandel (Engels: "forwards")

'n Termynkontrak kan op twee maniere vereffen word:

  • Fisiese lewering: Die verkoper van die termynkontrak lewer die onderliggende bate, terwyl die koper die vervalprys betaal.
  • Kontant lewering: Geen fisiese lewering van die onderliggende bate nie maar die verskil in die vervalprys en die werklike prys van die onderliggende bate op die vervaldatum word betaal.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search